'n Stormagtige maalkolk,
Dis wat binne lê!
Daar waar hart en siel
En verstand
Eens netjies gedefinieer was.
Ek wonder in my enigheid,
Maar durf nie vra nie...
So lank al smag my siel,
Hunker my hart
En soek my verstand
Na die stille samesyn
Van 'n ander
Nou's dit hier - tasbaar,
Maar die vraag bly ongehoor...
Twee identiteite raak verstrengel
Binne 'n enkele oomblik in tyd
En wonder waarheen.
Hoe lank? Hoe ver stap dié pad?
Tog is daar vrede - rus...
Maar die vraag durf nie vra nie!
Want wat as...
Gesprekke met die Siel
Friday, August 24, 2012
Friday, August 17, 2012
Hart in die hand
En hier staan ek nou
Weerloos
Hart in die hand
Want jy laat my glimlag
Dit laat my bewend
Bang
Ek wil hardloop
Maar my voete voel
asof in beton gegiet
Al wat nou oorbly is
wag
HoopGloEn ervaar...
Weerloos
Hart in die hand
Want jy laat my glimlag
Dit laat my bewend
Bang
Ek wil hardloop
Maar my voete voel
asof in beton gegiet
Al wat nou oorbly is
wag
HoopGloEn ervaar...
Sweer
Twaalf jaar lank
vreet die maaiers van binne
Van vrot
Na vrotter
Tot vrotste!
Dan loop dit
Septies
en
Stinkend
Deur ons lewens!
Probeer te vergiftig!
En ek wonder-
Hoe voel my kind se hart?
Wat sy lewende pa
Vandag finaal
Begrawe het...
vreet die maaiers van binne
Van vrot
Na vrotter
Tot vrotste!
Dan loop dit
Septies
en
Stinkend
Deur ons lewens!
Probeer te vergiftig!
En ek wonder-
Hoe voel my kind se hart?
Wat sy lewende pa
Vandag finaal
Begrawe het...
Tuesday, June 19, 2012
ekstase in lank verlede tyd
My eie verwarde hande
gly soekend
na die geluk-plekkies
oor die vreemd-bekende landskap
van my eie gebroke lyf,
maar
sonder die liefderyke
vleeslike lyding
van joune,
wat dit so meesterlik kon ontgin,
bly dit my nostalgies ontwyk
Dan moet ek erken
in verlange sonder verdriet
en in weemoed sonder smart
dat jy,
my grootste elende,
ook was
my mitiese plesier...
gly soekend
na die geluk-plekkies
oor die vreemd-bekende landskap
van my eie gebroke lyf,
maar
sonder die liefderyke
vleeslike lyding
van joune,
wat dit so meesterlik kon ontgin,
bly dit my nostalgies ontwyk
Dan moet ek erken
in verlange sonder verdriet
en in weemoed sonder smart
dat jy,
my grootste elende,
ook was
my mitiese plesier...
Sunday, May 20, 2012
totsiens
vanaand sê ek vir jou totsiens
my liefste lief- dief!
ek groet jou vir ewig
vir altyd bly ek dankbaar
by jou het ek geleer
van liefde, onvoorwaardelik
van gee sonder om te weet
sonder om te vra hoekom
by jou het ek geleer van selfloosheid
en selfverwyt
van vergifnis
en aanvaarding
by jou het ek lief-gekry
by jou het ek liefgehad
by jou het ek geleef
gehaat, gewroeg, vervloek...
by jou het ek mens geword
met hart
en siel
en vlees!
nou sê ek vanaand vir jou,
in liefde,
totsiens en dankie!
Vir altyd...
my liefste lief- dief!
ek groet jou vir ewig
vir altyd bly ek dankbaar
by jou het ek geleer
van liefde, onvoorwaardelik
van gee sonder om te weet
sonder om te vra hoekom
by jou het ek geleer van selfloosheid
en selfverwyt
van vergifnis
en aanvaarding
by jou het ek lief-gekry
by jou het ek liefgehad
by jou het ek geleef
gehaat, gewroeg, vervloek...
by jou het ek mens geword
met hart
en siel
en vlees!
nou sê ek vanaand vir jou,
in liefde,
totsiens en dankie!
Vir altyd...
Sunday, May 6, 2012
Onbeantwoord
ek skryf vir jou 'n vers vandag
hierdie bitter seer alleen-dag
soos 'n grys-grou reëndag
maar ek is bang
bang vir wat verlore mag gaan
en bang vir wat dit mag bring
op hierdie bitter seer alleen-dag
soos 'n grys-grou reëndag
skryf ek vir jou 'n vers
vertel ek jou van liefde
wat my bekruip het soos 'n sluipdief
en diep in my siel kom wortel skiet
‘n pyn wat nie wil genees nie:
jy weet nie dat ek wil met jou deel
hierdie bitter seer alleen-dag
soos 'n grys-grou reëndag
maar ek is bang
bang vir wat verlore mag gaan
en bang vir wat dit mag bring
op hierdie bitter seer alleen-dag
soos 'n grys-grou reëndag
skryf ek vir jou 'n vers
vertel ek jou van liefde
wat my bekruip het soos 'n sluipdief
en diep in my siel kom wortel skiet
‘n pyn wat nie wil genees nie:
jy weet nie dat ek wil met jou deel
die vreugde van jou liefdes-plesier
soos 'n grys-grou reëndag
lê hierdie bitter seer alleendag
en skryf ek vir jou 'n vers
want ek bid dat eendag
ook binne jou sal wortelskiet
die bekruipende sluipdief van my hart
dan word die bitter seer alleendag
soos 'n grys-grou reëndag
'n helder skitterende sprokiesdag!
soos 'n grys-grou reëndag
lê hierdie bitter seer alleendag
en skryf ek vir jou 'n vers
want ek bid dat eendag
ook binne jou sal wortelskiet
die bekruipende sluipdief van my hart
dan word die bitter seer alleendag
soos 'n grys-grou reëndag
'n helder skitterende sprokiesdag!
maar dit was my nooit beskore nie…
so bly die grys-grou reendag
net ‘n bitter seer alleendag
tot in ewigheid
Oomblik
Jou bloedrooi, granaat-hart bars oop
En stort sy soet liefdes sap oor my!
Versigtig proe ek,
Bang vir die vrot,
Maar niks...
Net die stroop van geluk
Wat mildelik deur my wese vloei!
En stort sy soet liefdes sap oor my!
Versigtig proe ek,
Bang vir die vrot,
Maar niks...
Net die stroop van geluk
Wat mildelik deur my wese vloei!
Subscribe to:
Posts (Atom)