Sunday, May 6, 2012

Onbeantwoord


ek skryf vir jou 'n vers vandag
hierdie bitter seer alleen-dag
soos 'n grys-grou reëndag

maar ek is bang
bang vir wat verlore mag gaan
en bang vir wat dit mag bring

op hierdie bitter seer alleen-dag
soos 'n grys-grou reëndag
skryf ek vir jou 'n vers

vertel ek jou van liefde
wat my bekruip het soos 'n sluipdief
en diep in my siel kom wortel skiet

‘n pyn wat nie wil genees nie:
jy weet nie dat ek wil met jou deel
die vreugde van jou liefdes-plesier

soos 'n grys-grou reëndag
lê hierdie bitter seer alleendag
en skryf ek vir jou 'n vers

want ek bid dat eendag
ook binne jou sal wortelskiet
die bekruipende sluipdief van my hart

dan word die bitter seer alleendag
soos 'n grys-grou reëndag
'n helder skitterende sprokiesdag!

maar dit was my nooit beskore nie…

so bly die grys-grou reendag
net ‘n bitter seer alleendag

tot in ewigheid

1 comment: