Saturday, May 5, 2012

In Gesprek met my Siel


Strak kyk sy daarna,
dít na haar -
met wysheid, 
Kennis gebore uit boeke 
Aangevul deur die lewe...
Begrip ontwikkel uit oomblikke in tyd
en later verstrengel in ervarings 
van pyn en vreugde

'Wie is jy?'
Vra sy onomwonde,
Direk en op die man af...

Stil luister sy na haar eie 
-by tye onsamehangende- 
Woorde
Dit borrel onbeheers in haar keel op
Rol ongenooid oor haar tong
Plof ongenaakbaar by haar lippe verby
Tot binne 'n oneindige leë ruimte 
tussen tyd en ewigheid...

Waar dit vasslaan teen haar eie ore,
en lank daarna nog in sagte fluistering 
Weergalm 
deur 'n apatiese siel!





No comments:

Post a Comment