Verwese staar ek na 'n verwronge siel.
Gebroke le dit voor my...
Naak
Hulpeloos
Weerloos
Stuk vir stuk verdor die hart.
Terwyl verstand oop maak
En herinneringe begin vloei.
Eers druppel vir druppel
-geleidelik maak die sluise oop-
die beton begin kraak,
en dan breek die wal!
Vanuit 'n diep geborge wegsteekplek
begin die proses...
Die pyn van geboorte skenk
aan 'n lank verlore siel.
My eie ek!
No comments:
Post a Comment