Saturday, May 5, 2012

tussen die duiwel en die diep blou see

tussen die duiwel en die diep blou see!
Dis waar my hart nou le

aan skerwe
stukkend
hunkerend na lewe
maar Dood

Vasgevang tussen twee vure
wees en vrees
liefde en pyn

Om weer te kan asem haal...
vir een oomblik in tyd
sorgvry soos 'n kind te kan jubel

Vasgevang tussen twee vure
wat 'n vooruitsig
wat 'n vervloeking!

Wat as jy skrik -
wegraak?
wat as twee siele mekaar vind -
en jy bly

Wat as
Wat dan
Wat nou

tussen die duiwel en die diep blou see!
Dis waar my hart vanaand le...

No comments:

Post a Comment